Épisodes

  • Ep16 - Christus IN ons, die hoop op heerlikheid
    Nov 20 2025

    “Jesus, met die volheid van die Godheid in Hom, is nou ook IN ons met daardie volheid, en Hierdie volheid van die Godheid IN ons, bring vir ons hoop, Hy bring vir ons die vaste versekering dat ons kan weet dat ons weet, dat ons die goedheid vanGod sal sien en beleef, in hierdie lewe.”

    Voir plus Voir moins
    7 min
  • Ep15 - Christus IN ons, die hoop op heerlikheid
    Nov 19 2025

    Kol 2:9 & 10 in die 2020 vertaling maak hierdie merkwaardige stelling "Want in Hom woon die hele volheid van die Godheid liggaamlik. En in Hom, wat Hoof oor elke heerskappy en mag is, is julle met hierdie volheid vervul."

    Ons is vervul met die volheid van die Godheid!!

    Ek en jy het ALLES wat ons nodig het. Ons wag nie vir God om iets in ons lewens te doen nie, Hy wag vir ons. Hy het reeds alles gedoen en gegee wat ons ooit sal nodig hê.

    Voir plus Voir moins
    6 min
  • Ep14 - Christus IN ons, die hoop op heerlikheid
    Nov 18 2025

    Het jy al ooit gewonder wat het dit Hom gekos sodat Hy IN jou kan woon?

    II Kor 5:21 spel vir ons iets hiervan uit "Want Hy (Vader) het Hom (Jesus) wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom"

    Voir plus Voir moins
    10 min
  • Ep13 - Christus IN ons, die hoop op heerlikheid
    Nov 13 2025

    Het jy al ooit daaroor nagedink... Hoe is dit moontlik dat 'n heilige God IN 'n mens kan leef, want dis tog wat Kol 1:27 sê "...Christus in ons, die hoop op die heerlikheid"

    Kom kyk saam met ons wat het Jesus vir ons beryk aan daai kruis...

    Voir plus Voir moins
    10 min
  • Ep12 - Christus IN ons, die hoop op heerlikheid
    Nov 12 2025

    Jesus bid daai laaste aand voor Sy kruisiging in Joh 17:24 hierdie merkwaardige versoek "Vader, Ek wil dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees..."

    Voir plus Voir moins
    9 min
  • Ep11 - Christus IN ons, die hoop op die heerlikheid
    Nov 11 2025

    In Joh 17:21 bid Jesus hierdie merkwaardige woorde

    "dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het."

    Voir plus Voir moins
    10 min
  • Ep10 - Christus IN ons, die hoop op heerlikheid
    Nov 6 2025

    Dis deur die liefde en eenheid tussen ons en Jesus, dat ons die moontlikheid het om Hom te kan ken. Wat in Hom is, vloei deur ons. Hy het ons lief, soos wat die Vader Hom lief het!!

    Voir plus Voir moins
    9 min
  • Ep9 - Christus IN ons, die hoop op heerlikheid
    Nov 5 2025

    Jesus en die Vader se begeerte is dat jy Hulle sal ken, intiem en persoonlik vir jouself. Hulle wil hê dat jy Hulle stem sal hoor, dat jy sal sien wat Hulle doen en sal sê wat Hulle sê, want jy is so ingesteld op Christus IN jou. Hy is die werklike hoop, en Hy wil hê dat jy Hom sal ken!

    Voir plus Voir moins
    9 min