O My Volk cover art

O My Volk

Written by: Antoinette van der Merwe
  • Summary

  • Na vyf jaar in die wonderlikste land in die wêreld, Switserland, het ek en my gesin besluit om terug te trek na Suid-Afrika, bestemming van moord, roof, beurtkrag en korrupsie. Was ons heeltemal mal? Ek praat met mense wat soos ons in die buiteland gebly het en besluit het om terug te trek en ek probeer verstaan hoekom enige mens gelukkiger sal wees in hierdie moeilike land as in die land van kaas en sjokolade. In die vier-episode potgooi gesels ek met Angel Jones, Johann Rossouw, Inanda Bosman, James Scott, Wilma Rheeder en Barend la Grange. Ons vat ook 'n reis na die verlede om my eie familie geskiedenis te verstaan, die verbindtenis met hierdie land, wie ons is, en hoe mens ‘n deel daarvan verloor as jy weg gaan.

    Van der Merwe 2024
    Show more Show less
Episodes
  • Ep. 1 Kies
    Apr 24 2024

    In die episode praat ek met Angel Jones, CEO van HomecomingEx, Ek volg die storie van my eie famillie, die Kalmyns, my oupagrootjie en oumagrootjie wat van Nederland afgekom het en hier gevestig het. En ons luister na briewe geskryf deur my eie ouma - oor haar ervaring as die dogter van emigrante, voorgelees deur Tiekie Boshoff. Kom saam op my soeke na antwoorde of ek mal is om hier op die suidpunt van Afrika te wil bly.

    Show more Show less
    26 mins
  • Ep. 2 Identiteit
    Apr 24 2024

    In hierdie episode probeer ek verstaan wat hierdie land en haar mense nou juis so besonders maak. Ek praat met Johann Rossouw, professor in filosofie en die klassieke aan die Universiteit van die Vrystaat, Inanda Bosman, spelterapeut in Pretoria en James Scott, kliniese sielkundige in Australië. Ons volg ook my eie familie geskiedenis, my oumagrootjie en oupagrootjie wat van Nederland af hier kom vestig het. Met briewe van my ouma Anneke, eerste generasie Suid-Afrikaner met Hollandse ouers, voorgelees deur Tiekie Boshoff.

    Show more Show less
    28 mins
  • Ep. 3 Karakter
    Apr 24 2024

    In die episode soek ek na antwoorde hoekom hierdie land en haar mense my elke keer terug trek. Ek praat weer met Johann Rossouw, Inanda Bosman en James Scott, kliniese. Ons volg ook my eie familie geskiedenis, my oumagrootjie en oupagrootjie wat van Nederland af hier kom vestig het met briewe van hulle dogter, my ouma Anneke, wat voorgelees deur Tiekie Boshoff.

    Show more Show less
    26 mins

What listeners say about O My Volk

Average Customer Ratings

Reviews - Please select the tabs below to change the source of reviews.